Orlandostadion | ||
Bynaam | Orlando | |
---|---|---|
Ligging | Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika. | |
Koördinate | 26°13′54.82″S 27°55′22.41″O / 26.2318944°S 27.9228917°O | |
Eienaar | Stad van Johannesburg | |
Kapasiteit | 40 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1959 | |
Renovasie | 2008 | |
Boukoste | R280 miljoen (2008-opknapping)[1] | |
Huurders | ||
Orlando Pirates |
Orlandostadion is 'n meerdoelige stadion in Soweto, 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit bied sitplek aan sowat 40 000 toeskouers. Die stadion word meestal vir sokkerwedstryde gebruik en is die tuisveld van Orlando Pirates. Die stadion is oorspronklik in 1959 teen 'n koste van £37 500 gebou, maar het toe slegs sitplek aan 24 000 toeskouers gebied.