Ou Testament

Inleiding van die Gutenbergbybel deur die vertaler Hieronimus van Stridon in Latyn

Die term Ou Testament (van Latyn testamentum, 'n vertaling van respektiewelik die Hebreeuse בְּרִית (berît)[1] en Griekse διαθήκη (diathēkē)[2] – "verbond", ook: Eerste Testament) verwys in die Christelike teologie sedert omstreeks 180 na die Heilige Skrifte van die Jodedom wat daar sedert omstreeks 100 as Tanag bekend staan, asook 'n aantal skrifte uit die Septuagint wat vanaf 250 v.C. ontstaan het. Dit is oorspronklik in Hebreeus geskryf (vandaar die alternatiewe name Hebreeuse Skrifte of Hebreeuse Bybel), afgesien van kleiner gedeeltes in Bybelse Aramees.

Die eerste Christene het hierdie geskrifte as die "Woord van God" beskou wat Jesus van Nasaret as Messias van Israel en die wêreld se ander volke verkondig. Afhangende van die geskrifte se uitleg word Jesus as die verlosser beskryf. Die Ou Kerk het die Hebreeuse Skrifte as openbaring teen kleiner Christelike minderhede verdedig wat nie hierdie opvatting gedeel het nie.

As kanon is die Ou Testament tot 350 saamgestel en die volgorde van sy boeke vasgelê om saam met die Nuwe Testament as Christelike Bybel te dien. Nogtans verskil die groot Christelike kerke oor die aantal boeke wat tot die kanon behoort. Terwyl Protestantse kerke dit tot die boeke van die Tanag beperk het, erken die Rooms-Katolieke Kerk net soos Ortodokse Christene daarnaas ook verskillende skrifte uit die Septuagint.

  1. o.a. Num 14,44
  2. o.a. Mt 26,28

Ou Testament

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne