| ||||
’n Kaart van die Antieke Nabye Ooste omstreeks 1400 v.C. | ||||
Hoofstad | Assur | |||
Taal/Tale | Akkadies | |||
Regering | Monargie | |||
Koning | ||||
- c. 2050 v.C. | Uspia | |||
- 1808–1776 v.C. | Samsi-Adad I (laaste) | |||
Historiese tydperk | Mesopotamië | |||
- Gevestig | 2154 v.C. | |||
- Val van die Akkadiese Ryk | 2154 v.C. | |||
- Dinastie van Puzur-Assur I | 2025–1809 v.C. | |||
- Ontbind | 1776 v.C. |
Die Oud-Assiriese Ryk was ’n tydperk in Assirië se geskiedenis van die laat 21ste tot middel 18de eeu v.C. toe dié land ’n magtige ryk geword het nadat dit die Akkadiese juk afgeskud het. Daarna het dit in die 18de en 15de eeu v.C. vir kort rukke onder onderskeidelik Babiloniese en Mitannies-Horitiese heerskappy gekom.
Dié tydperk is opgevolg deur die Middel-Assiriese Ryk (1365 tot 1056 v.C.).