Die ouderdom van die Aarde is 4.54 ± 0.05 miljardjaar(4.54 × 109 jaar ± 1%).[1][2][3] Hierdie ouderdom is gebaseer op radiometriese datering verkry van meteoroïde. Die ouderdom word ondersteun deur radiometriese ouderdomme van die oudste bekende monsters op aarde en die maan.
Met die ontwikkeling van radiometriese datering in die vroeër 20ste eeu, het metings van lood in uraanrykeminerale uitgewys dat van die gesteentes se ouderdomme meer as 'n miljard (109) jaar kon wees.[4] Die oudste minerale wat tot op hede geanaliseer is, is klein sirkoon-kristalle vanaf Jack Hills in Wes-Australië met 'n ouderdom van ten minste 4 404 miljard jaar.[5][6][7] Wanneer die massa en ligsterkte van die Son teenoor ander sterre vergelyk word, blyk dit dat die Sonnestelsel nie veel ouer as die gesteentes kan wees nie. Kalsium-aluminiumryke insluitsels, wat die oudste vaste samestellende deel in meteoroïdes is, is ongeveer 4 567 miljard jaar oud.[8][9] Hierdie ouderdom kan geneem word vir die ouderdom van ons sonnestelsel asook die boonste limiet van die Aarde se ouderdom.
Die hipotese is dat die ontstaan van die Aarde plaasgevind het net na die vorming van die kalsium-aluminiumryke insluitsels in meteoroïdes. Die presiese ouderdom van die aarde is nog onbekend, omdat die verloop van tyd vir die ontstaan van die aarde volgens die akkresieteorie moeilik is om te bepaal. Die akkresiemodelle lewer waardes van 'n paar miljoen tot omtrent 'n 100 miljoen jaar. Die presiese ouderdom van die oudste gesteentes op aarde wat dagsoom is ook moeilik bepaalbaar, siende dit uit verskillende mineraalsamestellings van verskillende ouderdomme bestaan.
↑"Age of the Earth" (in Engels). U.S. Geological Survey. 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2003. Besoek op 10 Januarie 2006.
↑Dalrymple, G. Brent (2001). "The age of the Earth in the twentieth century: a problem (mostly) solved". Special Publications, Geological Society of London. 190 (1): 205–221. Bibcode:2001GSLSP.190..205D. doi:10.1144/GSL.SP.2001.190.01.14.
↑Manhesa, Gérard; Allègre, Claude J.; Dupréa, Bernard; Hamelin, Bruno (1980). "Lead isotope study of basic-ultrabasic layered complexes: Speculations about the age of the earth and primitive mantle characteristics". Earth and Planetary Science Letters. 47 (3): 370–382. Bibcode:1980E&PSL..47..370M. doi:10.1016/0012-821X(80)90024-2. {{cite journal}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)
↑Boltwood, B. B. (1907). "On the ultimate disintegration products of the radio-active elements. Part II. The disintegration products of uranium". American Journal of Science. 23 (134): 77–88. doi:10.2475/ajs.s4-23.134.78. Vir die uittreksel, kyk: Chemical Abstracts Service, American Chemical Society (1907). Chemical Abstracts. New York, London: American Chemical Society. p. 817. Besoek op 19 Desember 2008.
↑Wilde, S. A.; Valley, J. W.; Peck, W. H.; Graham C. M. (11 Januarie 2001). "Evidence from detrital zircons for the existence of continental crust and oceans on the Earth 4.4 Gyr ago". Nature. 409 (6817): 175–178. doi:10.1038/35051550. PMID11196637.
↑Valley, John W.; Peck, William H.; Kin, Elizabeth M. (1999). "Zircons Are Forever"(PDF). The Outcrop, Geology Alumni Newsletter. University of Wisconsin-Madison. pp. 34–35. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2019. Besoek op 22 Desember 2008.
↑Wyche, S.; Nelson, D. R.; Riganti, A. (2004). "4350–3130 Ma detrital zircons in the Southern Cross Granite–Greenstone Terrane, Western Australia: implications for the early evolution of the Yilgarn Craton". Australian Journal of Earth Sciences. 51 (1): 31–45. doi:10.1046/j.1400-0952.2003.01042.x.
↑Baker, J.; Bizzarro, M.; Wittig, N.; Connelly, J.; et al. (25 Augustus 2005). "Early planetesimal melting from an age of 4.5662 Gyr for differentiated meteorites". Nature. 436 (7054): 1127–1131. Bibcode:2005Natur.436.1127B. doi:10.1038/nature03882. PMID16121173.