Oudtshoorn | |
---|---|
Oudtshoorn | |
Koördinate: 33°35′S 22°12′O / 33.583°S 22.200°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Oudtshoorn |
Stigting | 1847[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 37,6 km2 (14,5 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 61 507 |
• Digtheid | 1 636/km2 (4 240/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 15,3% |
• Indiërs/Asiërs | 0,4% |
• Bruin mense | 70,9% |
• Swart mense | 12,5% |
• Ander | 1,0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 87,8% |
• Xhosa | 7,4% |
• Engels | 2,6% |
• Ander | 2,2% |
Poskode (strate) | 6625 |
Poskode (posbusse) | 6620 |
Skakelkode | 044 |
Webwerf | Oudtshoorn-munisipaliteit |
Oudtshoorn is met sowat 61 500 inwoners (2011-sensus) die grootste dorp in die Klein-Karoo, 'n streek in die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika). Die dorp is geleë tussen die majestueuse Outeniekwa- en Swartberge, 506 kilometer oos van Kaapstad. Oudtshoorn staan onder meer bekend as die sentrum van die volstruisteel en die gasheerstad van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die belangrikste kulturele fees van die Afrikaanse taalgemeenskap in Suid-Afrika. Die dorp is ook die beginpunt van die wynroete langs die R 62 provinsiale pad. Die N12 nasionale pad gaan deur Oudtshoorn.