Ds. P.S. Snyman | |
Ds. Philippus Stephanus Snyman
| |
Naam | Philippus Stephanus Snyman |
---|---|
Geboorte | 30 September 1859 Bethulie, Oranje-Vrystaat |
Sterfte | 17 Januarie 1900 (op 40) Heidelberg, Transvaal |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Barkly-Oos 1890–1891 Heidelberg 1891–1900 |
Jare aktief | 1890–1900 |
Kweekskool | Teologiese Skool Burgersdorp |
Ds. Philippus Stephanus Snyman (na regte "Snijman", noenaam Philip, Bethulie, Oranje-Vrystaat, 30 September 1859 – Heidelberg, Transvaal, 17 Januarie 1900) was tussen Augustus 1890 en sy dood nege jaar en vyf maande later predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk. Dr. V.E. d'Assonville beskryf hom as "een van die merkwaardigste predikante in die Gereformeerde Kerk". In sy eerste gemeente, Barkly-Oos was hy slegs 11 maande predikant en in die tweede Heidelberg, Tvl., (in kombinasie met Bethal en Middelburg, Tvl., die res van sy kort bediening.