Pakistanse Krieketraad | |
---|---|
Kenteken van die Pakistanse Krieketraad
| |
Engelse naam | Pakistan Cricket Board |
Afkorting | PCB |
Oerdoenaam | پاکستان کرکٹ بورڈ |
Land | Pakistan |
Sportsoort | Krieket |
Gestig op | 1 Mei 1949 |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit op | 28 Julie 1952 |
Vastelandse beheerliggaam | Asiatiese Krieketraad |
Voorsitter | Mohammad Hafeez |
Direkteur | Zaka Ashraf |
Setel | Gaddafistadion, Lahore, Pakistan |
Amptelike tale | Engels en Oerdoe |
Amptelike webwerf | pcb.com.pk |
Die Pakistanse Krieketraad (Engels: Pakistan Cricket Board, afgekort “PCB”; Oerdoe: پاکستان کرکٹ بورڈ), voorheen bekend as die Raad vir Beheer van Krieket in Pakistan (Board of Control for Cricket in Pakistan, “BCCP”), is die bestuursliggaam wat krieket in Pakistan beheer. Die beheerliggaam is op 1 Mei 1949 gestig en by die Gaddafistadion in Lahore gesetel. Sedert 1952 verteenwoordig dit Pakistan by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en sedert 1983 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).