Pallo Jordan | |
Pallo Jordan in 2005 | |
Minister van Kuns en Kultuur
| |
Ampstermyn 29 April 2004 – 10 Mei 2009 | |
President | Kgalema Motlanthe |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ben Ngubane |
Opgevolg deur | Lulama Xingwana |
Minister van Omgewingsake en Toerisme
| |
Ampstermyn 1996 – 1999 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Dawie de Villiers |
Opgevolg deur | Mohammed Valli Moosa |
Minister van Pos, Telekommunikasie en Uitsaaiwese
| |
Ampstermyn 1994 – 1996 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Piet Welgemoed |
Opgevolg deur | Jay Naidoo |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 22 Mei 1942 Kroonstad, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Zweledinga Pallo Jordan (gebore op 22 Mei 1942 te Kroonstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (1994–2009). Hy was 'n lid van die African National Congress se Nasionale Uitvoerende Komitee. Hy het as die minister van kuns en kultuur (2004–2009), minister van omgewingsake (1996–1999), en die minister van pos, telekommunikasie en uitsaaiwese (1994–1996) gedien.
Volgens sy CV het hy aan die Universiteit van Wisconsin-Madison in die Verenigde State van Amerika en die London School of Economics studeer. Sy amptelike biografie beweer dat hy 'n PhD ontvang het, maar 'n koerantondersoek het in Augustus 2014 aan die lig gebring dat hy oor geen tersiêre kwalifikasies hoegenaamd beskik nie.[1][2] Hy het hierna oneervol bedank uit die ANC en aktiewe politiek, en die ANC en die breë publiek om verskoning gevra vir sy misstap.[3]
Hy was by verskeie naamveranderings (of pogings daartoe) betrokke, onder andere die omstrede Pretoria-Tshwanenaamverandering. In Junie 2006 is aangekondig dat hy Lydenburg se naam na Mashishing verander het. Die naam het egter nie behoorlik posgevat nie en padkaarte en besighede (soos die "Lydenburg Museum") gebruik steeds die ou naam.[4]