Die Pandora-dokumente (Engels: Pandora Papers) is 11,9 miljoen uitgelekte dokumente (ongeveer 2,9 teragreep data) wat vanaf 3 Oktober 2021 deur die International Consortium of Investigative Journalists (ICIJ) bekendgestel is.[1][2][3] Die nuusorganisasies van die ICIJ beskryf die lekkasie van dokumente as hul mees uitgebreide blootstelling aan finansiële geheimhouding tot nog toe, met dokumente, beelde, e-posse en sigblaaie van 14 finansiële diensondernemings, in lande soos Panama, Switserland en die VAE,[4][5] oortref hul vorige vrystelling van die Panama-dokumente in 2016, met 11,5 miljoen vertroulike dokumente.[6][7][8][9] Ten tyde van die publikasie van die aanvanklike inligting in koerante, het die ICIJ verklaar dat die bron van die dokumente nie geïdentifiseer sal word nie.[10]
Volgens nuusberigte kan 'n geraamde bedrag van VS$ 32 biljoen (uitgesluit nie-geldelike waardevolle items soos vaste eiendom, kuns en juweliersware) vir die belastingsowerhede weggesteek word.[3][11]