Paralimpiese Somerspele 2024

XVIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2024

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande 170 Nasionale Paralimpiese Komitees
Deelnemende atlete 4 400 (2 417 mans en 1 983 vroue)
Items 549 in 22 sporte
Openingseremonie 28 Augustus 2024
Sluitingseremonie 8 September 2024
Amptelik geopen deur President Emmanuel Macron
Atlete-eed Sandrine Martinet
Arnaud Assoumani
Beampte-eed
Olimpiese vlam Alexis Hanquinquant
Nantenin Keïta
Charles-Antoine Kouakou
Fabien Lamirault
Élodie Lorandi
Vorige Spele 2020: Tokio (Japan)
Volgende Spele 2028: Los Angeles (VSA)

Die Paralimpiese Somerspele 2024 (Frans: Jeux paralympiques d'été de 2024) is van 28 Augustus tot 8 September 2024 in Parys, Frankryk, aangebied.[1] Tydens die geleentheid het 4 400 atlete uit 170 nasies aan 549 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[2] Die spanne van Eritrea, Kiribati en Kosovo het vir die eerste keer aan Paralimpiese Spele deelgeneem.[3]

Die Stade de France in Parys

Dit was die 17de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die eerste keer wat Parys die spele georganiseer het. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1992 in Tignes-Albertville die tweede Paralimpiese Spele in Frankryk.

Die opening- en sluitingseremonies het in Parys plaasgevind. Vir die eerste keer in die Paralimpiese geskiedenis het die openingseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op die Avenue des Champs-Élysées in Parys geloop, met die beginpunt by die Arc de Triomphe en die eindpunt by die Place de la Concorde.[4] Soos gebruiklik is die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Mpumelelo Mhlongo (atletiek) en Kat Swanepoel (swem) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[5]

Die Olimpiese Somerspele 2024 is tussen 2 en 18 Augustus in Parys gehou.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. (en) "Paris 2024 reveals session-by-session competition schedule". Internasionale Paralimpiese Komitee. 8 Julie 2022. Besoek op 8 September 2024.
  3. (en) "Paris 2024: Record number of delegations and females to compete". Internasionale Paralimpiese Komitee. 23 Augustus 2024. Besoek op 8 September 2024.
  4. (en) Raúl Daffunchio Picazo (22 Augustus 2024). "Paris 2024 Paralympics set to dazzle the world". Inside the Games. Besoek op 8 September 2024.
  5. (en) Ashleigh Nefdt (11 Julie 2024). "South Africa's Official Olympic and Paralympic Flag Bearers Announced!". GoodThingsGuy. Besoek op 8 September 2024.

Paralimpiese Somerspele 2024

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne