Paternoster | |
---|---|
Huise en strand in Paternoster. | |
Koördinate: 32°49′S 17°53′O / 32.817°S 17.883°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Saldanhabaai |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,49 km2 (0,96 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 971 |
• Digtheid | 792/km2 (2 050/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 11.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 71.5% |
• Swart mense | 16.0% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 82.6% |
• Xhosa | 9.1% |
• Engels | 5.7% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 7381 |
Skakelkode | 022 |
Paternoster is 'n vissersdorp langs die weskus van Suid-Afrika in die munisipaliteit Saldanhabaai en sowat negentig minute se motorrit noord van Kaapstad in die provinsie Wes-Kaap. Die naam, wat in Latyn letterlik "Ons vader" beteken, is moontlik afgelei van 'n ou skeepswrak, die Paternoster uit Nederland, wat drie eeue gelede naby die huidige dorp gestrand het. 'n Ander verklaring beweer dat die naam 'n verwysing na die gebede van Portugese skipbreukelinge is.
In die omgewing lê die Columbine-natuurreservaat met die bekende Tietiesbaai, wat in die tydperk tussen laat Julie en Oktober met 'n groot verskeidenheid wilde blomme lok. Fynbos en tipiese Karoo-sukkulente is deel van die plaaslike flora. Walvisse en dolfyne is volop in die kusgebied tydens tien maande van die jaar.
Die Kaap Columbinevuurtoring is in die jaar 1936 as Suid-Afrika se laaste bemande vuurtoring opgerig.