Patriarg Aleksi II | ||||
Kerk | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Setel | Moskou | |||
Termyn | 10 Junie 1990 – 5 Desember 2008 | |||
Russies | Алексий II | |||
Kerkampte | ||||
Priester | 17 April 1950 | |||
Biskop | 3 September 1961 | |||
Voorganger | Patriarg Pimen | |||
Opvolger | Patriarg Kirill | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Geboortenaam | Alexey Mikhailovich Ridiger | |||
Gebore | 23 Februarie 1929 | |||
Geboorteplek | Tallinn, Estland | |||
Oorlede | 05 Desember 2008 (op 79) | |||
Sterfteplek | Peredelkino, Rusland | |||
Nasionaliteit | Esties | |||
|
Aleksi II of gelatiniseer Alexius II (Russies: Алексий II; Tallinn, Estland, 23 Februarie 1929 – Peredelkino, 5 Desember 2008) was van 10 Junie 1990 tot 5 Desember 2008 patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy het patriarg Pimen opgevolg.
Hy is gebore as Aleksei Michailowitsj Ridiger (Алексей Михайлович Ридигер) as die seun van die Russies-Ortodokse priester Michail Aleksandrowitsj Ridiger en sy vrou, Jelena Iosifowna Pisarewa.
Hy het in 1950 ’n priester geword, in 1961 ’n biskop met die naam Aleksi, in 1964 ’n aartsbiskop en in 1968 metropoliet toe hy net 39 jaar oud was.
Op 10 Junie 1990 is hy verkies tot die Russies-Ortodokse Kerk se patriarg van Moskou en die hele Rusland. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie het die Kerk sterk onder hom gegroei.
Hy het in die laaste paar jaar van sy lewe aan hartkwale gely. Hy is op 5 Desember 2008 op 79-jarige leeftyd oorlede en is opgevolg deur patriarg Kirill, eers as locum tenens van 6 Desember van daardie jaar af en toe patriarg van 1 Februarie 2009 af.