Paul Adams | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Paul Regan Adams | |||||
Gebore | 20 Januarie 1977 Kaapstad, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Gogga | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Linkshandige gewrigsdraai | |||||
Rol | bouler | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 263) | 26 Desember 1995 v Engeland | |||||
Laaste Toets | 10 Maart 2004 v Nieu-Seeland | |||||
EDI debuut (no 37) | 9 Januarie 1996 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 10 Julie 2003 v Zimbabwe | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1995–2008 | Westelike Provinsie | |||||
2004–2005 | Westelike Provinsie Boland | |||||
2005–2008 | Kaapse Kobras | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1ste rang | A-lys | ||
Wedstryde | 45 | 24 | 141 | 76 | ||
Lopies aangeteken | 360 | 66 | 1 752 | 180 | ||
Kolfgemiddeld | 9,00 | 16,50 | 17,17 | 11,25 | ||
100s/50s | 0/0 | 0/0 | 0/2 | 0/0 | ||
Hoogste telling | 35 | 48 | 70 | 33 | ||
Aflewerings geboul | 8 850 | 1 109 | 27 102 | 3 156 | ||
Paaltjies | 134 | 29 | 412 | 84 | ||
Boulgemiddeld | 32,87 | 28,10 | 32,66 | 26,92 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 4 | 0 | 16 | 0 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 1 | – | 3 | 0 | ||
Beste boulontleding | 7/128 | 3/26 | 9/79 | 3/12 | ||
Vangskote/Stonkings | 29/– | 7/– | 73/– | 22/– | ||
Bron: CricketArchive, 30 Augustus 2009 |
Paul Adams (20 Januarie 1977 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketafrigter en 'n voormalige -speler. Hy was 'n linkshandige gewrigsdraaibouler wat sedert die 1990's sporadies vir die nasionale span uitgedraf het. Hy is ook die jongste persoon nóg wat vir Suid-Afrika toetskrieket gespeel het (18 jaar en 340 dae, in 1995).[1] Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996 vir Suid-Afrika gespeel.
Adams het sy land in 45 toetse verteenwoordig. Hy het 134 toetspaaltjies teen 'n gemiddeld van 32,87 lopies per paaltjie laat kantel. Hy het ook in 24 internasionale eendagwedstryde verskyn, waartydens hy 29 paaltjies teen 28,10 lopies per paaltjie laat kantel het.
Hy het vanweë sy ongewone boulaksie ikoniese status verwerf. Strydig met afrigtingsmetodes, het hy sy gesig op die oomblik van aflewering hemelwaarts gedraai. Die Engelse krieketspeler, Mike Gatting, het per geleentheid opgemerk dat Adams se boulaksie soos " 'n padda in 'n voedselverwerker" lyk.[2] Dit het aanleiding tot sy bynaam, Gogga, gegee.
Adams is in 2012 as die breier van die Kaapse Kobras-krieketspan aangestel.[3]