Pik Botha | |
Pik Botha in 1981 | |
Minister van Minerale en Energiesake
| |
Ampstermyn 10 Mei 1994 – Mei 1996 | |
President | Nelson Mandela |
---|---|
Voorafgegaan deur | George Bartlett |
Opgevolg deur | Penuell Maduna |
Minister van Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 27 April 1977 – 10 Mei 1994 | |
President | F.W. de Klerk (1989–94) P.W. Botha (1984–89) |
Eerste minister | P.W. Botha (1978–84) B.J. Vorster (1966–78) |
Voorafgegaan deur | Hilgard Muller |
Opgevolg deur | Alfred Nzo |
Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde State
| |
Ampstermyn 30 Julie 1975 – 11 Mei 1977 | |
Eerste minister | B.J. Vorster |
Voorafgegaan deur | Johan Samuel Frederick Botha |
Opgevolg deur | Donald Bell Sole |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Rustenburg, Transvaal | 27 April 1932
Sterf | 12 Oktober 2018 (op 86) Pretoria, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party, later African National Congress |
Eggenoot/-note | Helena Susanna Bosman (1953–1996; haar dood) Ina Joubert (get. 27 April 1998) |
Kind(ers) | 2 seuns en 2 dogters: Piet, Roelof, Lien en Anna |
Alma mater | Universiteit van Pretoria |
Roelof Frederik (Pik) Botha (27 April 1932 – 12 Oktober 2018) was van 27 April 1977 tot 10 Mei 1994 (volle demokrasie in Suid-Afrika) die land se Minister van Buitelandse Sake en het die taak gehad om Suid-Afrika se binnelandse beleid van apartheid, te probeer verdedig in internasionale forums. Met 'n dienstyd van 17 jaar was hy ook een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.
Pik Botha is op Rustenburg in die Transvaal gebore as agterkleinseun van die volksleier en ouderling in die Gereformeerde Kerk Thomas Dreyer. Dreyer het 13 kinders gehad, onder wie Christiaan Lourens, die vader van Botha se moeder, Maria Elizabeth.[1]
Hy het hom in 1953 by die departement van buitelandse sake aangesluit en het in Swede, Wes-Duitsland en in Den Haag diens gedoen. In 1974 het hy Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies geword. 'n Jaar later is hy aangestel as Suid-Afrika se verteenwoordiger in die VSA. Op 1 April 1977 word hy Minister van Buitelandse Sake.
Botha was een van die groep "gematigde" lede van die Nasionale Party wat deelgeneem het aan die politieke maneuvers om 'n opvolger vir B.J. Vorster as Eerste Minister te kry. Hy was ook nou betrokke by die onderhandelings wat uiteindelik tot die onafhanklikheidswording van Namibië in 1990 gelei het.
Botha het later as Minister van Mineraal- en Energiesake (1994–1996) in die regering van nasionale eenheid onder Nelson Mandela gedien totdat die Nasionale Party hom van die regering onttrek het. Botha het in 2000 by die African National Congress aangesluit.