Pioneer 3 was 'n Amerikaanse tolgestabiliseerde, onbemande ruimtetuig wat 'n deel van die Pioneer-program was. Dit is op 6 Desember 1958 om 05:45:12 UTC [1] gelanseer deur deur die Amerikaanse Leër Ballistiese Missiel Agentskap, saam met NASA, met 'n Juno II vuurpyl. Die ruimtetuig was ontwerp om die Maan te ondersoek en verby die maan en dan in 'n heliosentriese wentelbaan te gaan, maar het misluk. Dit het 'n hoogte van 102,360 km bereik voor dit na die Aarde teruggeval het. Die ruimtetuig se doelwitte is verander, dit moes net die uitstraling in die buitenste Van Allen-gordel meet met twee Geiger–Müllerbuisdetektors aan boord. Dit moes ook die sneller meganisme vir 'n maan fotografiese eksperiment toets.