Pisces II-dwergsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Visse (Pisces) | |||
Tipe | dSph | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 58m 31s | |||
Deklinasie | +05º 57' 09" | |||
Skynmagnitude | 16,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 585 000 | |||
Skynbare grootte | 2′,2 | |||
Kenmerke | Melkwegsatelliet | |||
Ander name | Geen | |||
|
Die Pisces II-dwergsterrestelsel is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Visse (Pisces). Dit is in 2010 ontdek in data van die Sloan- Digitale Lugopname.[1]
Die stelsels is sowat 585 000 ligjare van die Son af en is een van die Melkweg se dofste satelliete. Dit het ’n absolute magnitude van −5, wat laer is as ’n tipiese bolvormige sterreswerm. Die sterre in Pisces II is meestal tussen 10 miljard en 12 miljard jaar oud en is arm aan metale.