'n Planeetkern bestaan uit die heel binneste lae van 'n planetêre liggaam.[1] Kerns kan heeltemal solied of heeltemal vloeibaar wees, of andersins 'n mengsel van die twee, soos die aardkern.[2] In die Sonnestelsel wissel kerngroottes van 20% (die Maan) tot 85% van 'n liggaam se radius (Mercurius).
Gasreuse het ook kerns, maar die samestelling is onseker. Dit kan wissel van soliede yster tot ys of vloeibare metaliese waterstof.[3][4] Hulle kerns is proporsioneel veel kleiner as dié van aardplanete, maar hulle werklike grootte kan baie groter as die Aarde s'n wees; Jupiter se kern is 10 tot 30 keer so swaar soos die Aarde self,[5] en die eksoplaneet HD149026 b se kernmassa kan 100 keer so groot soos die Aarde se massa wees.[6]
Planetêre kerns is moeilik om te bestudeer, want hulle kan nie regstreeks bereik word nie. Hulle word dus met indirekte maniere bestudeer, soos seismologie, mineraalfisika en planetêre dinamika.
↑Pollack, James B.; Grossman, Allen S.; Moore, Ronald; Graboske, Harold C. Jr. (1977). "A Calculation of Saturn's Gravitational Contraction History". Icarus. Academic Press, Inc. 30 (1): 111–128. Bibcode:1977Icar...30..111P. doi:10.1016/0019-1035(77)90126-9.