Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en eSwatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika. Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land. bewerk
Gekose panorama
Johannesburg CBD in die oggend
<div style="text-align:center;
bewerk
Gekose artikel
Die Springbokke, Bokke of amaBokoboko is Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. Rugby is een van Suid-Afrika se nasionale sporte en die Springbokke is 'n gedugte krag in internasionale rugby met 'n wenrekord teen byna alle ander lande, behalwe vir die Nieu-Seelandse All Blacks.
Die Springbokke speel jaarliks teen die All Blacks van Nieu-Seeland, die Wallabies van Australië en Argentinië in die Rugbykampioenskap, voorheen die Drienasiesreeks, waartydens hulle ook om die Mandela Uitdaagplaat teen Australië en die Vryheidsbeker teen Nieu-Seeland meeding. Die Springbokke het die voormalige Drienasiesreeks reeds drie keer in die toernooi se 14 jaar bestaan gewen (in 1998, 2004 en 2009), en later die uitgebreide Rugbykampioenskapreeks (in 2019). Hulle is tans eerste op die rugbywêreldranglys en is in 2004 en 2009 as die Internasionale Rugbyraad se "Span van die Jaar" aangewys. Twaalf voormalige Springbokke is in die International Rugby Hall of Fame opgeneem. Die Springbokke neem al om die vier jaar aan die Rugbywêreldbeker deel. Alhoewel die Springbokke nie aan die eerste twee Wêreldbekertoernooie kon deelneem nie as gevolg van die sportboikot teen Suid-Afrika, het die land in 1995 as gasheer vir die toernooi opgetree en in hulle debuutverskyning die beker gewen. Die Springbokke het die All Blacks in die eindstryd met 15-12 geklop, 'n gebeurtenis wat tot vandag as een van die grootste prestasies in Suid-Afrika se sportgeskiedenis gesien word. Suid-Afrika kon twaalf jaar later die Webb Ellis-beker tydens die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk en weereens twaalf jaar later tydens die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan inpalm. Die Springbokke het sodoende Nieu-Seeland se vorige rekord van drie titels egaliseer, maar met twee wêreldbekerverskynings minder. Die Springbokke speel in groen-en-goud truie en speel reeds sedert 1891 internasionale rugby toe 'n span van die Britse Eilande 'n toer na Suid-Afrika onderneem het waartydens die Springbokke hulle eerste toets op 30 Julie gespeel het. Die Springbokke word as een van die toprugbyspanne ter wêreld beskou. Sedert 2018 is die seniorspan se afrigter Rassie Erasmus en die kaptein Siya Kolisi. bewerk
Gekose beeldDie Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893. bewerk
Gekose biografie
Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck (Culemborg, 21 April 1619 – Batavia, 18 Januarie 1677), was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika.
Van Riebeeck word groot in Schiedam as die seun van 'n dokter en trou daar met Maria de la Quellerie op 28 Maart 1649. Sy sterf in Malakka op 11 Februarie 1665. Van Riebeeck vul al vanaf 1639 'n aantal poste by die VOC: eerste vertoef hy in Batavia as dokters-assistent, waarna hy Japan besoek. Sy belangrikste pos was as hoof van die handelspos in Tonkin, Viëtnam, maar hy word teruggeroep nadat dit aan die lig kom dat hy homself aan private handel skuldig gemaak het. In 1651 word hy uitgestuur om 'n verversingstasie in te rig by die Kaap die Goeie Hoop aan die suidpunt van Afrika. bewerk
Museums en momumentebewerk
Kategorieë
|