Portland, Oregon

Portland


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Administratiewe gewes Oregon
 Koördinate 45°31′N 122°41′W / 45.517°N 122.683°W / 45.517; -122.683
 Stigting 1851
 Bynaam Rose City
 Oppervlakte:  
 - Totaal 376.5 vk km
 Hoogte bo seevlak 15.2 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 568,380
 - Bevolkingsdigtheid 1,640.30/vk km
 Etniese groepe:  
 - Wit 77,91%
 - Swart 6,64%
 - Asiërs 6,33%
 Tydsone PST (UTC-8)
 - Somertyd PDT (UTC-7)
 Burgemeester (party) Charlie Hales
 Amptelike webwerf www.portlandonline.com

Portland is 'n stad in die deelstaat Oregon in die weste van die Verenigde State van Amerika. Dit is die stad met die grootste bevolking in hierdie deelstaat wat in die Pasifies-Noordwestelike streek geleë is. Dit is in die noordwestelike area van die staat by die samevloeiing van die Willamette- en Columbiariviere, en is die county-setel van Multnomah County, Oregon se county met die grootste bevolking. In 2020 was Portland se bevolking 652 503 sterk,[1] wat dit in 26ste plek plaas in die VSA, in sesde plek aan die weskus, en in tweede plek in die Pasifiese Noordweste, na Seattle.[2] Sowat 2,5 miljoen mense woon in die Portland metropolitaanse gebied, wat dit in 25ste plek in die VSA plaas. Sowat die helfte van Oregon se bevolking woon in die Portland-metropolitaanse gebied.[3]

Dit is vernoem na Portland, Maine,[4] wat op sy beurt vernoem is na Isle of Portland in Dorset, Engeland. The Oregon-nedersetting het in die 1840s, naby die eindpunt van die Oregon Trail, 'n wa- en emmigrante-trekroete van die vroeë 19de eeu, ontstaan. Die toegang tot watervervoer het transportasie van goedere fasiliteer, en bosbou was in die vroeë dae 'n belangrike dryfveer. Met die eeuwenteling het die stad egter 'n reputasie vir georganiseerde misdaad en rampokkery ontwikkel, en is as een van die gevaarlikste hawestede ter wêreld beskou. Nadat die stad weens die Tweede Wêreldoorlog 'n ekonomiese hupstoot ontvang het, het hierdie krasse reputasie die wyk begin neem. Sedert die begin van die 1960's,[5] het dit bekend geword vir toenemende liberale en progressiewe politieke waardes, en is 'n reputasie as bastion van die teenkultuur gevestig.[6]

Die stad word deur 'n stadskommissie bestuur, gelei deur 'n burgemeester en vier kommissarisse, sowel as die Metro van die Oregonse streekregering, wat die enigste regstreeks verkose metropolitaanse beplanningsorganisasie in die Verenigde State is.[7][8] Die klimaat word gekenmerk deur warm, droë somers en koel, reënerige winters. Hierdie klimaat is ideaal vir roosverbouing sodat die stad vir meer as 'n eeu al as die "Stad van Rose" bekend staan.[9]

  1. "QuickFacts: Portland city, Oregon". United States Census Bureau. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2023. Besoek op 21 Augustus 2021.
  2. Danver, Steven L., red. (2013). Encyclopedia of Politics of the American West. CQ Press. pp. 533–34. ISBN 978-1-506-35491-0.
  3. Volgens die V.S. Sensus Bureau, Oregon se bevolking, vanaf 2019, was 4 217 737; die gedeelte van die MSA wat in Oregon geleë is, het 'n bevolking van 1 992 088, wat 47% van Oregon se bevolking in die metro laat woon.
  4. Baker, Emerson W. (2005). "Portland as a Contested Frontier in the Seventeenth Century". In Conforti, Joseph A. (red.). Creating Portland: History and Place in Northern New England. Lebanon, NH: University of New Hampshire Press. p. 16. ISBN 978-1584654490. Besoek op 21 April 2018.
  5. Olsen, Polina (2012). Portland in the 1960s: Stories from the Counterculture. Charleston, South Carolina: The History Press. ISBN 978-1-60949-471-1.
  6. Weber, Peter (13 Januarie 2015). "Don't let Portlandia ruin Portland". The Week. Besoek op 30 Oktober 2015.
  7. Berg, Nate (1 Maart 2012). "The Only Elected Regional Government in the U.S." CityLab. Bloomberg L.P. Besoek op 25 Februarie 2015.
  8. Ramakrishnan, Ramakrishnan (22 April 2022). "Metro Council president faces challenge from longtime urban planner". The Oregonian. Besoek op 26 Oktober 2022.
  9. Swindler, Samantha (31 Mei 2020). "Though the rose show and garden contest are canceled, the City of Roses is in full bloom". The Oregonian. Besoek op 19 Oktober 2020.

Portland, Oregon

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne