Pous Gregorius XIV | |
---|---|
Geboortenaam | Niccolò Sfondrati |
Pontifikaat begin | 5 Desember 1590 |
Pontifikaat eindig | 16 Oktober 1591 |
Voorganger | Urbanus VII |
Opvolger | Innocentius IX |
Gebore | 11 Februarie 1535 Somma Lombardo, Varese, Hertogdom Milaan |
Sterf | 16 Oktober 1591 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Gregorius |
Gregorius XIV was die 229ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1590 tot 1591. Hy was slegs 10 maande en 12 dae pous en die tweede in 'n reeks van drie pouse waarvan die gesamentlike lengte van hulle pontifikate minder as twee jaar was.