Die premier van die Oos-Kaap is die regeringshoof van die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die huidige premier van die Oos-Kaap is die agbare Oscar Mabuyane. Hy is 'n lid van die African National Congress. Mabuyane is op 22 Mei 2019 tot provinsiale premier verkies nadat 'n meerderheid van die wetgewerslede vir hom gestem het [1]