Aleksandra Fjodorowna | |
---|---|
Keiserin-gemalin van Rusland | |
Prinses Alix van Hesse en by Ryn, die latere keiserin van Rusland.
| |
Periode | 1 November 1894 – 15 Maart 1917 |
Eggenoot | Nikolaas II van Rusland |
Kinders | Olga, Tatjana, Maria, Anastasia, Aleksei |
Vader | Ludwig IV, Groothertog van Hesse |
Moeder | Prinses Alice van die Verenigde Koninkryk |
Gebore | 25 April 1872, Darmstadt |
Oorlede | 17 Julie 1918, Jekaterinburg |
Victoria Alix Helena Louise Beatrice van Hesse en by Ryn (25 April 1872, Darmstadt – 17 Julie 1918, Jekaterinburg) was ’n prinses van Hesse-Darmstadt en, deur haar huwelik met die latere Nikolaas II van Rusland, as Aleksandra Fjodorowna (Russies: Александра Фёдоровна) die laaste keiserin van Rusland.