Groothertogin Jelizawjeta Fjodorowna | |
---|---|
Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt | |
Gebore | Elisabeth Alexandra Louise Alice 1 November 1864 |
Sterf | 18 Julie 1918 |
Nasionaliteit | Russies |
Titel | Groothertogin |
Ouer(s) | Ludwig IV, Groothertog van Hesse Prinses Alice van die Verenigde Koninkryk |
Groothertogin Jelizawjeta Fjodorowna van Rusland (Russies: Елизавета Фёдоровна Романова, Jelizawjeta Fjodorowna Romanowa) of sint Elisabeth Romanof (1 November 1864 — 18 Julie 1918) was ’n Duitse prinses van die Huis van Hesse en die vrou van groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland, die vyfde oudste seun van tsaar Aleksander II van Rusland. Sy was die tweede oudste suster van Aleksandra, die laaste Russiese keiserin. Hul oudste suster was Victoria, die ouma aan moederskant van prins Philip, Hertog van Edinburg.