Streeksroete R359 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Noordwespunt | Augrabies Nasionale Park | |||
N14 R27 | ||||
Suidoospunt | N10 suid van Upington | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Augrabies Marchand Kakamas Keimoes Louisvale | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R359 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die Augrabieswaterval met Upington verbind via Kakamas en Louisvale. Die roete begin in die Augrabies Nasionale Park, hou suidoos en gaan deur die nedersettings Augrabies en Marchand. Hierna sluit die roete by die N14-nasionale pad aan vir 14 km tot by Kakamas. Hier bly die roete suid van die Oranjerivier en kruis die R27 net suid van Keimoes. Dit bly parallel met die Oranjerivier en gaan deur Louisvale en sluit by die N10 aan net suid van Upington.