Rachel Steyn | |
---|---|
Gebore | Rachel Isabella Fraser 5 Maart 1865 |
Sterf | 3 Januarie 1955 (op 89) |
Eggenoot | Pres. M.T. Steyn |
Kinders | Colin Fraser Steyn Cecilia Johanna Steyn Gladys Evelyn Steyn Isabella Gordon Steyn Emeline Johanna Steyn |
Handtekening | |
Rachel Isabella (Tibbie) Steyn (Philippolis, 5 Maart 1865 – Bloemfontein, 3 Januarie 1955) aan Colin McKenzie Fraser en Isabella Gordon Fraser (née Paterson). Sy was ’n Suid-Afrikaanse vroueleier en eggenote van die laaste president van die Oranje-Vrystaat, Marthinus Theunis Steyn. Hoewel sy van Skotse herkoms was aan sowel moeders- as vaderskant, het sy haar veral vanaf die Anglo-Boereoorlog ten volle vereenselwig met wat sy self as die "Boerevolk" beskryf het en kry dan ook sodoende die eretitel "volksmoeder".[1]