Riebeek-Wes | |
---|---|
Riebeek-Wes | |
Koördinate: 33°21′1.69″S 18°52′2.52″O / 33.3504694°S 18.8673667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Swartland |
Stigting | 1858 |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,43 km2 (1,32 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 350 |
• Digtheid | 1 268/km2 (3 280/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 83.6% |
• Swart mense | 5.1% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 93.6% |
• Engels | 4.2% |
Poskode (strate) | 7306 |
Skakelkode | 022 |
Riebeek-Wes is 'n dorpie in die distrik Swartland van die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Soos die buurdorp, Riebeek-Kasteel, lê Riebeek-Wes aan die voet van Kasteelberg, 'n sowat 940 m hoë vrystaande berg wat sy naam gekry het omdat dit na 'n kasteel lyk. Die naam "Riebeeck Casteel" kom vir die eerste keer voor in die "Journaelse aentyckeninge, gehouden by den onder chirurgyn Pieter van Meerhoff", wat in 1661 deelgeneem het aan 'n ontdekkingsreis na die binneland, wat Jan van Riebeeck in Januarie 1661 onder korporaal Pieter Cruythoff as kommandeur uitgestuur het. In die verte het hulle 'n hoë berg soos 'n eensame piramide sien staan en dit op 3 Februarie 1661 beklim en "Riebeeck Casteel" ter ere van die kommandeur genoem.
Riebeek-Wes is bekend as die geboorteplek van twee agtereenvolgende eerste ministers van die Unie van Suid-Afrika, genl. Jan Smuts en dr. D.F. Malan. Die opstal van die plaas Ongegund waarin Smuts gebore is, lê sowat 3 km noordwes van Riebeek-Wes aan die R311 en is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Albei die latere eerste ministers het plaaslik skoolgegaan en nadat die koshuisskool Maria van Riebeeck en die seunskool saamgesmelt het, het dit die naam Hoërskool Smuts-Malan gekry. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het die skool amptelik op 31 Desember 2010 gesluit[2]