Rondewurms | |
---|---|
'n Rondewurm wat sojabone aantas (met eier). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | Nematoda Rudolphi, 1808
|
Klas (biologie) | |
Adenophorea |
Rondewurms of draadwurms (Nematoda) is 'n groot groep ('n filum) van wurms wat algemeen en wydverspreid voorkom. Meer as 25 000 spesies is al beskryf. Nematologie is die wetenskap wat rondewurms bestudeer. Die term "Nematoda" kom uit Grieks en beteken “draadagtig”. Sommige rondewurms kan tot 8 meter lank word, maar die meeste is so klein dat hulle nie met die blote oog sigbaar is nie. Hulle is dan hoogstens 1 mm lank en baie dun. Per 1 m² grond kan daar tot 'n miljoen rondewurms lewe. Hulle kom inderdaad orals voor, en kan meer as 'n kilometer onder die aardoppervlak aangetref word. Indiwidue van sekere spesies kan ook vir baie duisende jare in 'n rustoestand in ysgrond oorleef.[1]