Roofdier

Carnivora
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
(geen rang):
Ferae
Superorde:
Orde:
Carnivora

Die uiteenlopende orde Carnivora (van Latyn carō (stam carn-) "vleis", + vorāre "verslind") sluit meer as 260 spesies soogdiere in. Die diere word gewoonlik roofdiere genoem en is die mees uiteenlopende orde van die soogdier wat grootte betref – van die wesel (Mustela nivalis) wat so klein as 25 g en 11 cm kan wees, tot die ysbeer (Ursus maritimus), wat tot 1 000 kg kan weeg en die suidelike see-olifant (Mirounga leonina), waarvan die mannetjies tot 5 000 kg kan weeg en 6,9 m lank kan wees.

Die meeste roofdiere eet vleis, hoewel sommige omnivore en ander plantetend is.

"Predator" (uitspraak: pre-DA-tor) of die meervoud, "predatore" kan ook gebruik ipv "roofdier", maar dit word afgeraai omdat dit baie anglisisties is.


Roofdier

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne