Rooibok | |
---|---|
Rooibokooi met haar lam in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika | |
Rooibokram in die Serengeti in Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Aepycerotinae Gray, 1872
|
Genus: | Aepyceros Sundevall, 1847
|
Spesie: | A. melampus
|
Binomiale naam | |
Aepyceros melampus (Lichtenstein, 1812)
| |
Subspesies | |
| |
Verspreidingsgebied
Rooibok (Aepyceros melampus) Swartneusrooibok (Aepyceros melampus petersi) |
Die rooibok (Aepyceros melampus) is 'n wildsbok wat in Afrika aangetref word. In Engels staan die bok bekend as die Impala.
Die bok se wetenskaplike naam, Aepyceros melampus, is 'n samestelling van die Griekse aipos+ceros+melas+pous, oftewel "hoog"+"horing"+"swart"+"poot".
'n Volwasse rooibok weeg ongeveer 50 kg en het 'n gemiddelde hoogte van 90 cm. Soos die naam aandui, is die bok rooibruin van kleur met ligkleurige flanke, terwyl die pens onderlangs wit is. 'n Donker, kenmerkende M-vorm word op die agterstewe aangetref.[2] Die ram het liervormige horings wat tot 90 cm lank kan word.
Die rooibok is een van die volopste kleinboksoorte. 'n Rooibok kan met een sprong 10 m ver en 3 m hoog spring. Rooibokke kom in troppe voor, gewoonlik 'n ram met verskeie ooie. Indien 'n groot trop saam wei, word sogenaamde brandwagte uitgeplaas terwyl die ander bokke voortgaan om te wei of water te drink. Daar is gewoonlik twee of drie uitgegroeide ramme (let op hul horinglengtes) wat wagstaan aan die randjie van die trop. Indien die brandwag onraad vermoed, maak hy alarm deur 'n harde snorkgeluid te uiter en die res van die trop laat spaander na beskermde bos toe terwyl hulle reuse spronge deur die lug maak om die roofdier te verwar.[3]
Rooibokke word algemeen in Suider-Afrika aangetref en is sowel gras- as blaarvreters. Hulle val verskeie roofdiere ten prooi, soos leeus, luiperds, jagluiperds, wildehonde, gevlekte hiëna's en krokodille.
Paring vind gewoonlik van April tot Mei plaas. Die ooi gee na 6 maande, gewoonlik in November of Desember, aan 'n enkele lammetjie geboorte. Die dragtige ooi kan tot 'n mate self beheer uitoefen oor wanneer die lammetjie gebore word, omdat sy noukeurig daarop let dat die grasveld in topkondisie is vir voedsel aan die nuweling. Sy kan die geboorte van die kleintjie vir tot 'n maand terughou indien klimaatstoestande ongunstig is. Die jong bokkie drink vir vier tot ses maande melk aan die ooi. Rooibokke het 'n aangetekende moontlike lewensduur van 12 jaar.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)