Rosslyn | |
---|---|
Voorstad | |
Koördinate: 25°39′45″S 28°05′30″O / 25.66250°S 28.09167°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,89 km2 (0,34 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 2 960 |
• Digtheid | 3 326/km2 (8 610/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 0.2% |
• Swart mense | 98.8% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sepedi | 26.4% |
• Tswana | 24.1% |
• Engels | 11.1% |
• Zoeloe | 9.9% |
• Ander | 28.6% |
Poskode (strate) | 0182 |
Poskode (posbusse) | 0200 |
Skakelkode | 012 |
Rosslyn is 'n voorstad van Pretoria, deel van die Stad Tshwane-munisipaliteit in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika.[1] Die industriële gebied is veral bekend vir sy BMW-fabriek, wat in 1968 as die eerste BMW-aanleg buite Europa geopen het,[2] sowel as die Nissan Suid-Afrika-fabriek, wat 'n wye verskeidenheid van sedanmotors, vragmotors, bakkies (LDV's, ligte afleweringsvoertuie) en viertrekvoertuie vervaardig.
Motorvervaardigingsaanlegte in Suid-Afrika dra oor die 6,2% tot die land se bruto binnelandse produk by.[3]