Russies русский язык roesski jazik | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈruskʲɪj jɪˈzɨk] | |
Gepraat in: | Rusland Armenië Azerbeidjan Estland Finland Georgië Kasakstan Kirgisië Letland Litaue Moldowa Oekraïne Tadjikistan Belarus Duitsland Israel | |
Gebied: | Oos-Europa en Noord-Asië | |
Totale sprekers: | 165 miljoen (moedertaal) 110 miljoen (tweede taal) | |
Rang: | 7 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Oos-Slawies Suidoos-Slawies Russies | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Verenigde Nasies GOS Rusland Belarus Kasakstan Kirgisië Tadjikistan Abchasië Suid-Ossetië Transnistrië Gagausië Volksrepubliek Donetsk Volksrepubliek Loehansk | |
Gereguleer deur: | Russiese Akademie vir Wetenskap | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ru
| |
ISO 639-2: | rus
| |
ISO 639-3: | rus
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Russies (ру́сский язы́к, roesski jazik, [ˈruskʲɪj jɪˈzɨk] Indo-Europese taalfamilie en binne dié taalfamilie tot die Slawiese tale. Russies, Oekraïens en Belarussies vorm die Oos-Slawiese taalgroep.
) is een van die grootste tale ter wêreld. Dit behoort tot dieRussies is by verre die grootste en belangrikste Slawiese taal met meer as 160 miljoen moedertaalsprekers en meer as 110 miljoen wat Russies as tweede taal magtig is.[1] Al het Russies sy bloeitydperk as literêre taal reeds in die 19de eeu beleef en val die periode van sy grootste uitbreiding as belangrikste amps-, vreemde en verkeerstaal in die Sowjetunie en die Oosbloklande, insluitende Kuba, in die 20ste eeu, speel die taal steeds 'n belangrike rol as die medium met die tweede grootste inhoud op die internet na Engels en as die tweede of derde mees gesproke taal in lande soos Duitsland en Israel waar groot getalle Russiessprekendes hulle gevestig het. As huistaal vir 881 723 Amerikaners (van wie 'n derde in die deelstaat New York woonagtig was) was Russies in 2009 volgens die Amerikaanse Sensusburo daarnaas een van die tien mees gebesigde tale in die Verenigde State.[2]
Die moderne Russiese skryftaal baseer op die Moskouse dialek van Russies, terwyl sy Cyrilliese alfabet met 33 letters uit die seremoniële Griekse skrif ontwikkel is en godsdienstig-kulturele bande met die Middeleeuse Grieks-Bisantynse wêreld weerspieël. Die beginpunt van moderne Russies word deur wetenskaplikes nie verder terug gedateer as die middel van die 17de eeu nie; in vroeëre taalperiodes oorweeg die invloed van Kerkslawies. Ondanks hervormings is die spelling van moderne Russies nie heeltemal aangepas aan die uitspraak nie en het dit sodoende 'n historiese karakter. Dit beteken dat bepaalde besonderhede nie deur die skryftaal aangedui word nie en derhalwe deur vreemde sprekers aangeleer moet word – net soos die vrye woordaksent van Russies en die harde en sagte (gepalatiseerde) weergawes van Russiese medeklinkers.