SN 1572 | ||||
Die oorblyfsel van SN 1572, soos gesien deur die Chandra-X-straalsterrewag. | ||||
Soort supernova | Tipe Ia | |||
Soort oorblyfsel | Newel | |||
Sterrestelsel | Melkweg | |||
Sterrebeeld | Kassiopeia | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 00h 25.3m | |||
Deklinasie | +64° 09′ | |||
Gal. koördinate | G.120.1+1.4 | |||
Afstand (ligjaar) | Tussen 8 000 en 9 800 | |||
Ontdek | November 1572 | |||
Top-magnitude | -4 | |||
Eienskappe | ||||
Voorloperster | Onbekend | |||
Voorlopertipe | Onbekend | |||
Notas | ||||
|
SN 1572 was 'n supernova (ontploffende ster) wat in die jaar 1572 gesien is. Dit is in die Kassiopeia-konstellasie waargeneem. SN 1572 word ook Tycho se ster of Tycho se supernova genoem, omdat Tycho Brahe dit bestudeer en beskryf het. Die supernova het in November 1572 verskyn en kon tot in 1574 gesien word. Dit was een van slegs 'n handvol supernovas wat sonder teleskope waargeneem is.
Die supernova is waarskynlik eerste deur Wolfgang Schuler op 6 November 1572 ongeveer 7°,7 noord van die ster α Cassiopeiae opgemerk.[1] Die Deense sterrekundige Tycho Brahe sien die "nuwe ster" op 11 November en merk dat dit helderder as al die andere sterre is, helderder as Sirius en selfs helderder as Jupiter. Die maksimum helderheid van die supernova was ongeveer dieselfde as vir Venus, met 'n magnitude van ongeveer -4. Dit kon vir twee weke lank in die dag met die blote oog gesien word.
Aan die einde van November begin die ster se helderheid afneem en verander die kleur daarvan van wit na oranje-rooi. Die helderheid het bestendig bly afneem, maar was tot Maart 1574 met die blote oog sigbaar. In totaal is die ster sowat 16 maande lank gesien.
In 1573 skryf Brahe 'n boek, De Stella Nova, oor die "Nuwe Ster". Volgens akkurate waarnemings wat hy gemaak het was dit waarskynlik 'n tipe Ia-supernova gewees.[2]