Sahle-Work Zewde | |
Sahle-Work Zewde in 2024 | |
President van Ethiopië
| |
Ampstermyn 25 Oktober 2018 – 7 Oktober 2024 | |
Eerste minister | Abiy Ahmed |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mulatu Teshome |
Opgevolg deur | Taye Atske Selassie |
Ondersekretaris-generaal, hoof van die Verenigde Nasies se kantoor by die Afrika-unie
| |
Ampstermyn 27 Junie 2018 – 25 Oktober 2018 | |
Voorafgegaan deur | Haile Menkerios |
Opgevolg deur | Hanna Tetteh |
Direkteur-generaal van die Verenigde Nasies se kantoor in Nairobi
| |
Ampstermyn 2011 – 2018 | |
Voorafgegaan deur | Achim Steiner |
Opgevolg deur | Hanna Tetteh |
Ampstermyn 1989 – 1993 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 Februarie 1950 Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië (nou Ethiopië) |
Politieke party | Onafhanklik |
Alma mater | Universiteit van Montpellier |
Sahle-Work Zewde (Ge'ez: ሳህለወርቅ ዘውዴ; gebore op 21 Februarie 1950) het van 218 tot 2024 as president van Ethiopië gedien en was die eerste vrou wat die amp beklee het. Sy is van beroep 'n diplomaat en op 25 Oktober 2018 is sy eenparig tot president deur die lede van die Federale Parlementêre Vergadering verkies.[1]
Sahle-Work was voorheen spesiale verteenwoordiger van António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, by die Afrika-unie en hoof van die kantoor van die Verenigde Nasies by die Afrika-unie op die vlak van die ondersekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.
In Desember 2020 het die Amerikaanse saketydskrif Forbes op sy jaarlikse uitgawe van die Forbes-lys van die wêreld se 100 magtigste vroue Sahle-Work as die 93ste magtigste vrou ter wêreld aangewys; daarmee het sy die hoogste posisie in Afrika op die lys beklee.[2]