Saldanha | |
---|---|
Saldanha se strand | |
Koördinate: 32°59′52″S 17°56′44″O / 32.99778°S 17.94556°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Saldanhabaai |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,36 km2 (6,70 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 28 142 |
• Digtheid | 1 621/km2 (4 200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 13.5% |
• Indiërs/Asiërs | 1.4% |
• Bruin mense | 54.3% |
• Swart mense | 29.9% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 70.3% |
• Xhosa | 19.6% |
• Engels | 7.0% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 7395 |
Poskode (posbusse) | 7395 |
Webwerf | http://www.saldanhabay.co.za |
Saldanha is die naam wat die meeste in die omgang gebruik word vir die dorp aan die Kaapse Weskus, terwyl Saldanhabaai tans meestal beperk word tot verwysings na die munisipale gebied Saldanhabaai. Die dorp is aan die noordekant van Saldanhabaai, 140 kilometer noord van Kaapstad met 'n bevolking van 28 142 (2011-sensus). Die dorp het 'n groot ysterertsbedryf (Saldanha Steel) en 'n militêre hawe (met 'n vlootopleidingskool en die Suid-Afrikaanse Militêre Akademie) benewens 'n belangrike watersportgebied vir toeriste.[1][2][3][4][5][6]