Samantha Graham | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Junie 2019 | |
Vise | Madeleine Hicklin |
---|---|
Voorafgegaan deur | Patricia Kopane |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 27 Mei 1969 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | Demokratiese Alliansie (2007–tans) |
Eggenoot/-note | Rodney Maré |
Professie | Politikus |
Samantha Jane Graham (gebore 27 Mei 1969) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Oos-Kaap wat tydens die algemene verkiesing van 2019 tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies is. Graham is 'n lid van die Demokratiese Alliansie en is sedert Desember 2020 die skaduminister van openbare werke en infrastruktuur. Graham was van 2019 tot 2020 skadu-adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur. Sy is 'n voormalige raadslid van die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit.