Sarel Jacobus du Plessis

Prof. dr. Sarel du Plessis
Prof. Sarel du Plessis
Prof. Sarel du Plessis

Naam Sarel Jacobus du Plessis
Geboorte 7 Desember 1920
Sterfte 11 Augustus 1972 (op 51)
Kerkverband Gereformeerde Kerk
Gemeente(s) Port Elizabeth, 1946–1947
Heidelberg/Volksrust, 1947–1953
Vanderbijlpark, 1953–1958
Jare aktief 1946–1958 (predikant); 1958–1972 (lektor)
Kweekskool Potchefstroom

Prof. Sarel Jacobus du Plessis (noemnaam Sarel, 7 Desember 192011 Augustus 1972) predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en van 1963 af professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom.

Sy bynaam was "Sarel Selfbeheersing". 'n Oudstudent van hom het 45 jaar ná sy dood vertel: "Dit is inderdaad die mees gepaste bynaam wat vir hom gegee kon word. Ek het die man nooit sy humeur sien verloor nie; as jy vir hom sê: 'Jammer, professor, ek het nie voorberei nie,' sou prof. Sarel kalm en met vaderlike liefde en geduld sê: 'Is goed. Moet net nie agterraak nie.' Studente het hard gewerk vir prof. Sarel, gewoon omdat hy soveel agting afgedwing het."[1]

  1. (af) Kommentaar gelewer op 'n Facebook-inskrywing. URL besoek op 6 Desember 2017.

Sarel Jacobus du Plessis

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne