Segue 3 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Vlieënde Perd | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 21m 31s | |||
Deklinasie | +19º 07' 02" | |||
Skynmagnitude | 14,9 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 55 000 | |||
Skynbare grootte | 52′.0 | |||
|
Segue 3 is ’n dowwe sterreswerm van die Melkweg in die sterrebeeld Vlieënde Perd wat in 2010 ontdek is in data van die Sloan Digitale Lugopname.[1] Dit is sowat 55 000 ligjare van die Son af en beweeg weg van die Son teen ’n snelheid van 167,1 km/s.[2]
Segue 3 is besonder dof; sy absolute magnitude is na raming sowat −1,2[1] of selfs 0,[2] wat beteken die swerm is maar 100 tot 250 keer so helder as die Son. Dit het ’n effens afgeplatte vorm en toon tekens van verbrokkeling weens getykragte.[2]
Die sterre van Segue 3 is ouer as 12 miljard jaar[2] en is van die eerste sterre wat in die heelal gevorm het. Hulle het ’n lae metaalinhoud.