Die begrip self-vertroue dui op 'n mens se dunk van homself wat persoonlike oordeel, sy vermoë krag ens. betref. 'n Mens se selfvertroue neem toe na ervarings waar sekere aktiwiteite bemeester is. Dit is 'n positiewe[1] oortuiging dat 'n mens oor die algemeen kan bereik wat 'n mens wil doen in die toekoms. Self-vertroue is nie dieselfde begrip as selfbeeld nie. Selfbeeld is 'n evaluering van 'n mens se eie waarde, terwyl self-vertroue meer spesifiek vertroue in die mens se vermoë is om 'n doel te bereik. 'n Meta-analise het beweer dat selfvertroue soortgelyk is aan algemene self-doeltreffendheid.[2] Abraham Maslow en baie ander na hom, het die behoefte beklemtoon om te onderskei tussen selfvertroue as 'n algemene persoonlikheidseienskap, en selfvertroue met betrekking tot 'n spesifieke taak, vermoë of uitdaging (d.w.s self-doeltreffendheid). Selfvertroue verwys gewoonlik na algemene selfvertroue. Dit word onderskei van self-doeltreffendheid, wat die sielkundige Albert Bandura gedefinieer het as 'n "geloof in die mens se vermoë om te slaag in spesifieke situasies of om 'n taak te voltooi" en daarom verwys die term meer akkuraat na spesifieke self-vertroue. Sielkundiges het bevind dat 'n persoon self-vertroue kan hê om 'n spesifieke taak te voltooi (self-doeltreffendheid) (bv. om 'n goeie maaltyd te kook of 'n goeie roman te skryf), maar 'n gebrek aan algemene self-vertroue kan hê. Aan die ander kant kan iemand algemene self-vertroue hê, al is hulle nie self-doeltreffend om 'n spesifieke taak te voltooi nie (bv. om 'n roman te skryf). Hierdie twee tipes selfvertroue korreleer met mekaar en om hierdie rede kan hul maklik gekombineer word.[3]
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)