Servaas Rossouw

Dr. Servaas Hofmeyr Rossouw was van 1920 tot vroeg in die vyftigerjare agtereenvolgens leraar van die NG gemeentes De Nieuwe Kerk, Senekal, Albertinia, Swellendam en Maitland.

Dr. Servaas Hofmeyr Rossouw (Montagu, Saterdag[1] 11 Januarie 1890Kaapstad, Maandag 11 Junie 1956) was ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die vader van Suid-Afrika se presidentsvrou Elize Botha.

Sy nasate onthou hom as werklik baie meelewend met sy gemeentelede en baie gelief, en dat hy eintlik sy tyd ver vooruit was. Hy was 'n diep denkende man, wat ook 'n studie – vanuit 'n Christelike perspektief – oor die hemelruim en astronomie gemaak het, buiten sy besondere kennis van die Bybel. Hy kon volgens oorlewering Grieks en Hebreeus vlot praat en word onthou as 'n intellektuele reus.[2]

  1. (en) Kalender vir die jaar 1890. URL besoek op 13 Maart 2016.
  2. Dié gegewens kom uit 'n e-posgesprek met sy klein dogter Rozanne Visagie, gebore Botha, gevoer op 6 September 2015.

Servaas Rossouw

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne