Shu-turul 𒋗𒄙𒄒 | |
---|---|
Koning van Akkad | |
Dinastie | Huis van Sargon |
Bewind | c. 2168-2154 v.C. |
Voorganger | Dudu |
Opvolger | Gutiese Dinastie |
Vader | Dudu |
Shu-turul (ook Shu-durul of Sjoe-toeroel; Akkadies: 𒋗𒄙𒄒, shu-tur2-ul3)[1][2] was die laaste koning van die Akkadiese Ryk. Hy het volgens die Sumeriese Koningslys 15 jaar lank regeer.[3] Hy het sy pa, Dudu, opgevolg. ’n Paar artefakte, seëlafdrukke, ensovoorts toon hy het oor ’n baie kleiner Akkadiese gebied as sy voorgangers regeer. Dit het ingesluit Kish, Tutub en Eshnunna. Die Diyala, ’n sytak van die Tigrisrivier, is in sy tyd ook "Shu-durul" genoem.[4]