Siamese kat
|
|
’n Lilakleurige Siamese kat.
|
Land |
Thailand
|
Ontstaan |
Natuurlik
|
Soort lyf |
Oosters
|
Pels |
Kort
|
Patroon |
Kleurpunte
|
Wetenskaplike naam
|
Felis catus (huiskat)
|
|
Die Siamese kat is ’n kortharige katras en een van die mees bekende Oosterse katrasse. Die kat se oorsprong is onseker, maar daar word geglo dat hulle van Thailand (voorheen Siam) af kom. In dié land is hulle een van verskeie inheemse katsoorte en word hulle witsjian mat (วิเชียรมาศ, "maandiamant") genoem. Die Siamese kat het in die 20ste eeu een van die gewildste rasse in Europa en Noord-Amerika geword.