Siemens Mobile | |
Tipe | Privaatmaatskappy |
---|---|
Gestig | 2000 |
Hoofkantoor | München, Beiere, Duitsland |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Telekommunikasie-toerusting |
Produkte | Selfone |
Moedermaatskappy | Siemens |
Ontbind | 31 Augustus 2005 |
Siemens Mobile was 'n dogtermaatskappy van Siemens AG wat sellulêre telefone vervaardig het.
In 2005 het die Taiwannese maatskappy, BenQ, die selfoon-dogtermaatskappy van Siemens (wat finansieel aan die agteruitgaan was) oorgeneem en die regte bekom om die Siemens-handelsmerk vir 5 jaar te gebruik.
Alvorens die selfoonfiliaal na BenQ oorgedra is, het Siemens €250 miljoen belê en bates van sowat €100 miljoen afgeskryf.[1] Siemens het ook 'n 2,5%-aandeel in BenQ teen €50 miljoen gekoop. BenQ het daaropvolgend selfone onder die BenQ-Siemens handelsmerk verkoop, deur die Duitse eenheid.
In 2006 is die Duitse eenheid bankrot verklaar.[2][3]