Skerpioen | ||||
Latynse naam | Scorpius | |||
Genitief | Scorpii | |||
Afkorting | Sco | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h | |||
Deklinasie | -30º | |||
Grootte | 497 vk. grade (33ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 18 | |||
Helderste ster | Antares (Alfa Scorpii) | |||
Naaste ster | Gliese 682 | |||
Sterre helderder as 3 m | 13 | |||
Sterre met planete | 3 | |||
Messier-voorwerpe | 4 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 47 | |||
Meteoorreëns | Alpha Scorpiids, Omega Scorpiids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Boogskutter, Slangdraer, Weegskaal, Wolf, Winkelhaak, Altaar, Suidelike Kroon | ||||
|
Die Skerpioen (Latyn: Scorpius) is ’n groot sterrebeeld in die suidelike hemelruim en is deel van die diereriem. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit lê naby aan die middelpunt van die Melkweg.
Die sterrebeeld Weegskaal is in Antieke Griekeland beskou as die kloue van die Skerpioen (Chelae Scorpionis). Latere Grieke het ’n weegskaal gevorm uit hierdie mees westelike sterre wat vasgehou is deur die godin Astraia (die aangrensende Maagd). Die Weegskaal het eers in die tyd van Antieke Rome ’n afsonderlike sterrebeeld geword.