Skubaduik

Skubaduikers besigtig visse en korale onder die water.
'n Skubaduiker.
1: Lugpyp, 2: Mondstuk, 3: Reguleerder, 4: Harnas, 5: Rugplaat, 6: Lugbottel

Skubaduik is 'n aktiwiteit waar mense ("skubaduikers", of net "duikers" genoem) 'n lang tyd onderwater deurbring. Skubaduik word vir ontspanning beoefen en is 'n groeiende tydverdryf. Die woord skuba is afgelei van die Engelse woord scuba wat die afkorting is vir: Self-Contained Underwater Breathing Apparatus.

Umkomaas en Sodwanabaai is gewilde bestemmings vir skubaduikers langs die Suid-Afrikaanse kus. Verder op teen die ooskus is Ponta do Ouro in Mosambiek ook gewild. In die binneland word varswaterduiktogte by Miracle Waters en Bass Lake onderneem.


Skubaduik

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne