Onderdeel van | Tweede Vryheidsoorlog |
---|---|
Land | Oranje-Vrystaat |
Ligging | Oranje-Vrystaat |
Geografiese ligging | 28°59′37″S 25°39′50″E |
Voorafgegaan deur | Slag van Poplar Grove |
Tydstip | 10 Maart 1900 |
Deelnemer | Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland, Oranje-Vrystaat |
Die Slag van Driefontein (ook bekend as die Slag van Abrahamskraal) op 10 Maart 1900 het direk gevolg op die Slag van Poplar Grove in die Tweede Vryheidsoorlog tussen die Britse Ryk en die Boererepublieke, in wat tans Suid-Afrika is. In die eerste helfte van 1900 het die Britte opgeruk na die twee hoofstede van die republieke, naamlik Bloemfontein en Pretoria.