Slag van Gallipoli | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Eerste Wêreldoorlog | |||||||
Die Slag van Gallipoli | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk Frankryk Australië Nieu-Seeland Brits-Indië Newfoundland |
Ottomaanse Ryk Duitse Keiserryk Oostenryk-Hongarye | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Sir Ian Hamilton Herbert Kitchener John de Robeck |
Sanders Pasha Esat Pasha Vehip Pasha Cevat Pasha Mustafa Kemal Atatürk | ||||||
Sterkte | |||||||
324 000 | 122 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
44 072 | 57 263 |
Die Slag van Gallipoli het tussen 25 April 1915 en 9 Januarie 1916 tydens die Eerste Wêreldoorlog plaasgevind op die Gallipoli-skiereiland in Turkye. Britse en Franse magte het gesamentlik 'n operasie van stapel gestuur om die Ottomaanse hoofstad, Konstantinopel, oor te neem en sodoende 'n seeroete na Rusland te waarborg. Dit sou voorrade na die Russiese magte aan die oosfront verseker en die Duitsers aan daardie front onder groot druk plaas. Die poging het egter misluk en tot swaar verliese aan albei kante gelei.
Die Gallipoli-veldtog het 'n beduidende uitwerking op al die nasies gehad. In Turkye word die veldslag beskou as 'n vormende oomblik in die geskiedenis van die Turkse nasie, 'n laaste oplewing toe die eeue oue Ottomaanse Ryk aan die verkrummel was. Die stryd het die grondslag gelê vir die Turkse onafhanklikheidsoorlog en die Turkse republiek agt jaar daarna onder leiding van Atatürk, wat ook 'n bevelvoerder was by Gallipoli. Die veldtog was ook die eerste groot veldslag waaraan die Australiese en Nieu-Seelandse Leërkorps deelgeneem het en word dikwels beskou as die beginpunt van 'n nasionale bewustheid in albei lande. Vandag is Anzac-dag, wat die ongevalle in die veldslag herdenk, een van die belangrikste herdenkingsdae in Australië en Nieu-Seeland.