Die Slag van Wene (ook Slag van Kahlenberg) het by Kahlenberg naby Wene op 12 September 1683[1] plaasgevind nadat die stad twee maande lank deur die Ottomaanse Ryk beleër was. Die oorlog is geveg deur die Heilige Romeinse Ryk (gelei deur die Habsburgse monargie) en die Pools-Litause Gemenebes, beide onder bevel van koning Jan III Sobieski, teen die Ottomane en hul vasal- en bydrastate. Die geveg was die eerste keer dat die Gemenebes en die Heilige Romeinse Ryk militêr teen die Ottomane saamgewerk het. Die nederlaag was 'n keerpunt vir Ottomaanse uitbreiding na Europa, waarna hulle geen verdere grondgebied sou wen nie.[1] In die daaropvolgende oorlog wat tot 1699 geduur het, sou die Ottomane die grootste deel van Ottomaanse Hongarye aan Leopold I Heilige Romeinse keiser, afgestaan.[2]
Die geveg is gewen deur die gekombineerde magte van die Heilige Romeinse Ryk en die Pools-Litaus Statebond, laasgenoemde slegs verteenwoordig deur die magte van die Kroon van die Koninkryk van Pole (die opmars van die Litause leër is vertraag, en hulle het Wene bereik ná dit ontset was).[3] Die Weense garnisoen is gelei deur Feldzeugmeister van die Heilige Romeinse Keiserlike Leër Ernst Rüdiger Graf von Starhemberg, 'n Oostenrykse onderdaan van die Heilige Romeinse keiser Leopold I. Die algehele bevel is gevoer deur die senior leier, die koning van Pole, Johannes III Sobieski, wat die verligtingsmagte gelei het.
Die magte van die Ottomaanse Ryk en sy vasalstate is deur grootvisier Merzifonlu Kara Mustafa Pasha aangevoer. Die Ottomaanse leër het ongeveer 90 000[4] tot 300 000[5] man getel (volgens dokumente oor die slagorde wat in Kara Mustafa se tent gevind is, was die aanvanklike sterkte aan die begin van die veldtog 170 000 man [6]. Hulle het die beleg op 14 Julie 1683 begin. Ottomaanse magte het onder andere bestaan uit 60 ortas Janitsariërs (12 000 man volgend papiersterkte) met 'n waarnemingsleër van sowat 70 000 [7] wat die platteland dopgehou het. Die beslissende geveg het op 12 September plaasgevind, ná die aankoms van die verenigde noodlenigingsleër.
Sommige historici beweer dat die geveg 'n keerpunt in die Ottomaanse-Habsburgse oorloë was, 'n stryd van 300 jaar tussen die Heilige Romeinse en Ottomaanse Ryk. Gedurende die 16 jaar na die geveg sou die Oostenrykse Habsburgers geleidelik die suide van Hongarye en Transsylvanië verower en hulle grootliks van Ottomaanse magte ontslae raak. Die geveg is bekend vir die insluiting van die grootste bekende kavalerieaanval in die geskiedenis.