| |||
Provinsie | Gauteng | ||
Tipe | Metropolitaanse Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | TSH | ||
Plaaslike munisipaliteite | Geen | ||
Hoofstad | Pretoria | ||
Burgemeester | Vakant | ||
Grootste tale | Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Tswana, Tsonga | ||
Oppervlakte | 6 298 km² | ||
Bevolking | 2 921 488 (2011) |
Tshwane is vanaf 5 Desember 2000 'n metropolitaanse gebied in Gautengprovinsie, Suid-Afrika, wat die stad Pretoria insluit.
Dit bestaan uit 13 voormalige stads- en dorpsrade, en word bestuur deur 'n besturendeburgemeesterstelsel. Die munisipale gebied beslaan 6 298 km2, en het 'n bevolking van nagenoeg 2,364 miljoen mense.
Die naam is afkomstig van die oorspronklike naam wat deur die eerste Ngunisprekende nedersetters (wat later as die Ndebele bekend was) aan die rivier gegee is wat deur die area vloei. Hulle het dit vernoem na een van hulle stamhoofde, Tshwane, vanaf die Ndebelewoord vir "klein aap".
Die naam Tshwane word soms ook gebruik as 'n alternatiewe naam vir die stad Pretoria self, hoewel Pretoria nie hernoem is nie.