Stanley Mathabatha | |
Mathabatha in Desember 2018 | |
Ampstermyn 18 Julie 2013 – 14 Junie 2024 | |
Voorafgegaan deur | Cassel Mathale |
---|---|
Opgevolg deur | Phophi Ramathuba |
Provinsiale voorsitter van die African National Congress
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 16 Februarie 2014 | |
Vise | Jerry Ndou (2014–18) Florence Radzilani (2018–hede) |
Voorafgegaan deur | Dickson Masemola |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Chupu Stanley Mathabatha 21 Januarie 1957 Ga-Mathabatha, Transvaal |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Wes-Kaapland Universiteit van die Noorde |
Chupu Stanley Mathabatha (gebore 21 Januarie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse oud-diplomaat en politikus. Hy was die premier van Limpopo dan Julie 2013 tot Junie 2024. Hy was ook die provinsiale voorsitter van die African National Congress, asook 'n lid van die Limpopo provinsiale wetgewer. Mathabatha was voor sy premierskap die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Oekraïne.[1] Hy is op 14 Junie 2024 opgevolg deur die voormalige LUR van Gesondheid in Limpopo Phophi Ramathuba.[2]
Mathabatha was tydens sy jeug betrokke in die United Democratic Front en die Umkhonto we Sizwe. Hy het grade by die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit van die Noorde behaal. Ná apartheid het hy in die Limpopo provinsiale regering gedien en was 'n diplomaat voordat hy as die premier in Julie 2013 aangestel is.[3]