Stawropol Ставрополь | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 45°03′N 41°59′O / 45.050°N 41.983°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Stawropol-krai |
Stigting | 1777 |
Regering | |
• Tipe | Stadsraad |
• Burgemeester | Georgi Koljagin |
Bevolking | |
• Totaal | 419 816 |
Tydsone | UTC+4:00 |
Webwerf | http://stavropol.stavkray.ru/ |
Stawropol (Russies: Ста́врополь) is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Stawropol-krai. Die bevolking in 2014 was 419 816.
Dit is in 1777 ná die Russies-Turkse Oorlog van 1768–1774 gestig as ’n militêre kamp en het in 1785 ’n stad geword.[1] Die staatsman prins Grigori Potjomkin het ’n groot rol gespeel in die stigting van die stad. Die Don-Kosakke het hulle daarna in en om die stad gevestig om die grense van die Russiese Ryk te verdedig.[2]
Tsaar Aleksander I het verskeie Armeense gesinne in 1809 genooi om by die fort te gaan woon om handel in die gebied te bevorder.[3] Die stad is in 1935 hernoem tot Worosjilofsk, maar het sy ou naam in 1943 teruggekry.[4]
Die eerste en enigste uitvoerende president van die Sowjetunie, Michail Gorbatsjof, is in Stawropol-krai gebore en het ’n paar jaar lank in Stawropol gewerk as hoof van die krai se administrasie.